Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "nuwe hemp" deur CHARL DURAND
"nuwe hemp" deur CHARL DURAND [boodskap #22974] Ma, 17 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
nuwe hemp
Charl Durand

'n Nuwe hemp is soos 'n nuwe kers, jy sien dit in
ander mense se oë , nuwe oë . Self verkies ek
extra large, om toe te laat vir krimp, sien. die
moue voel soos 'n ander land, nuutgevind, die
glimlag nadat ek die meisie die eerste keer
gesoen het. Voel die nuwe nate, die stryklyne is
nog maagdelik. Haal die prys af, oppas vir die
spelde! Ek dra die nuwe hemp simfoniekonsert
toe, die orkes speel die hemp oop. Ou hemde is
vir ou konings sonder gemeentes. Dit verbleik
op die wasgoedlyn soos 'n terminale ideologie.
Laat 'n nuwe hemp toe om jou 'n storie te vertel,
'n reisverhaal of liefdesroman. Dit sal vars klink,
vir altyd, want nuwe hemde vergaan eintlik
nooit nie.
Vorige onderwerp: "Oordenkings by 'n rooi robot" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Herfs, Oudtshoorn" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 05:52:23 MGT 2024